About us
Welkom by ons klein kreatiewe winkel! Ons spesialiseer in unieke, persoonlike geskenke en digitale produkte – van dagboeke, joernale en boekmerke tot t-shirt drukwerk, sublimasie en pragtige printables.
Elke item word met sorg, detail en liefde ontwerp om vreugde, inspirasie en bietjie kleur in jou dag te bring. Ons glo in kwaliteit, kreatiwiteit en diens wat warm en persoonlik is.
Of jy iets spesiaal vir jouself soek, of ’n unieke geskenk vir iemand anders – ons is hier om dit vir jou te skep.
Our team
Anschen Rautenbach
Owner
Ek is Anschen, ’n kreatiewe ontwerper met ’n liefde vir persoonlike geskenke en digitale ontwerp. Ek spesialiseer in dagboeke, joernale, stickers, boekmerke en unieke printables – alles met sorg, detail en ’n bietjie inspirasie ontwerp.
Ek het my besigheid begin om mense te help vreugde vind in mooi, betekenisvolle produkte, en om gepersonaliseerde geskenke te skep wat regtig spesiaal voel. Kreatiwiteit is my passie, en ek geniet dit om elke ontwerp uniek te maak vir elke klant.